OUMA GROBIES SE “CHICKEN A LA KING”
Resep geplaas deur Albert Buitenhuis
Foto: Elize de Kock
Soos gesê, dit is ‘n baie ou resep en ek plaas hom net so.
- 2 eetlepels (30 ml) botter
- 2 eetlepels (30 ml) olie
- 2 eetlepels (30 ml) koekmeel
- 2 knoffel toontjies, fyn gekap
- ¼ koppie (70 ml) elk: geel-, rooi- en groen soetrissie, gekap
- 1 blikkie gekapte sampioene, behou die vloeistof
- 1 koppie (250 ml) hoenderaftreksel
- ½ koppie (125 ml) volroom melk
- ½ koppie room (125 ml) room
- ½ teelepel (2.5 ml) sout
- ½ teelepel (2.5 ml) droë salie, gevryf
- 2 koppie (500 ml) gaar hoenderborsies, in blokkies
- ⅓ koppie (80 ml) suurroom
- ⅓ koppie Old Brown Sherry
- Smelt die botter en olie saam in ‘n ysterpot.
- Braai die soetrissies tot sag (8 – 10 minute), plaas knoffel in en braai ‘n verdere minuut.
- Skep soetrissies en knoffel uit en los olie in die pot.
- Voeg die meel by die olie en roer oor medium hitte tot al die klonte opgelos is. (maw– ‘n loperige Blond Roux)
- Voeg nou die melk, aftreksel en blikkie vloeistof in, bietjies-bietjies by terwyl jy dit roer.
- Sodra al die vloeistof in is, plaas die hoender en soetrissie by en laat prut tot die sous lekker dik is.
- Roer suurroom en Sherry in.
- Bedien oor rys of pasta.
- Nota: Elize de Kock – Heerlik. Sit bietjie ertjies by. Bedien met spelt en barley.

