Your Recipe Blog

OUMA ELLA SE OLIE SJOKOLADEKOEK

Recipe by
Cook: 25 - 35 minute

OUMA ELLA SE OLIE SJOKOLADEKOEK

  • Beslag:
  • 4 eiers, geskei
  • 125 ml olie
  • 4 opgehoopte eetlepels kakao
  • 250 ml kookwater
  • 375 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 450 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • Versiersel:
  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 375 g versiersuiker, of bietjie meer indien dikker versiersel benodig word
  • 45 ml kakao
  • 1 groot blok Top Deck sjokolade, teen kamertemperatuur gerasper – dit lyk soos lang krulle

Beslag:
Meng water, olie en kakao – laat effens afkoel.
Klits eiergele en gooi suiker bietjies bietjies by terwyl klits.
Meng vanieljegeursel by.
Sif droë bestanddele en meng met nat mengsel.
Klits eierwitte styf en vou in die beslag.
Gooi in panne en bak teen 180 °C vir 25 – 35 minute.
Laat afkoel.

Versiersel:
Plaas die karamel in ‘n bak.
Sif die versiersuiker en kakao en meng dit saam met die karamel tot glad.
Versier die koek en gooi sjokoladekrulle bo-op.

Resep en foto: Jean Botha

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page