OUMA ELLA SE GRANADILLAKOEK
- 4 eiers, geskei
- 125 ml olie
- 3 eetlepels Maizena
- 250 ml kookwater
- 375 ml suiker
- 5 ml vanilla geursel
- 450 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 1 blikkie granadilla pulp (115 g)
Meng water, olie en Maizena, laat effens afkoel.
Klits eiergele en voeg suiker bietjies, bietjies by terwyl jy klits.
Voeg die water, olie, maizenamengsel, vanilla en granadillamoes by.
Sif droë bestanddele en meng met natmengsel.
Klits eierwitte styf en vou in die beslag in.
Skep in panne en bak teen 180 ºC vir 25 – 35 minute. (as jy een pan gebruik dan vat dit dit langer).
Laat afkoel.
- Versiersel:
- 1 bakkie roomkaas
- 375 g versiersuiker (½ pak van 750 g)
- 1 blikkie granadilla pulp (115 g)
Skep die roomkaas in ‘n bak.
Sif die versiersuiker en meng dit saam met die roomkaas tot glad. Moenie te veel klits nie.
Meng die granadilla by met ‘n lepel tot goed gemeng.
Versier die koek soos verkies.
Foto en resep: Jean Botha