OUDURFIE MET SPEK
- 1 pakkie rugspek
- Beslag:
- 1 koppie koekmeel
- ½ koppie water
- 1 geklitste eier
- 1 teelepel sout
- 25 ml suiker
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 eetlepel botter
Smelt die botter en die suiker saam.
Voeg die sout, meel, water en eier om die beurt by en roer goed om klonte te vermy.
Voeg die bakpoeier heel laaste by.
Beslag behoort ‘n gladde dikkerige tekstuur te he. Hou eenkant.
Plaas die spek in die rooipannetjie oppie kole met ‘n bietjie olie en giet die beslag stadig oor die kante van die spek van die rante af binnetoe tot dit heel egalig bedek is, nie te veel nie.
Bak ‘n paar minute en draai om.
Bak nog ;n paar minute tot die beslaggie mooi goudbruin is asook die spek.
Geniet dit netso of saam met jou gunsteling doopsous.
Dis djeeeeeerlik
Resep en foto: Gideon Louw