OSSO BUCO
- 1 kg beeskenkels, in 4 cm ringe gesny
- 4 eetlepels botter
- 2 uie, gekap
- 2 selderystingels, gekap
- 2 wortels, gerasper
- 3 knoffelhuisies, gekap
- ½ koppie koekmeel
- sout en peper, na smaak
- 3 eetlepels olie
- 2 blikkies gekapte tamaties (die Italian tomato werk lekker)
- 1 koppie rooiwyn
- 1 bees ekstrak blokkie, opgelos in 400 ml kookwater
- 1 eetlepel Italiaanse kruie
- 1 lourierblaar
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sap van die suurlemoen
- 3 teelepels gekapte pietersiele
Braai ui, seldery, wortel en helfte knoffel in helfte van botter oor matige hitte tot sag.
Plaas groente in ‘n oondbak. Geur die meel met sout en peper en bedek die skenkels met die meelmengsel.
Braai skenkels in ekstra botter en olie in groentepan tot verbruin.
Plaasdie skenkels op die groente in die pan.
Dreineer die vet uit die pan, giet die wyn, beesvleis ekstrak, tamaties, helfte van die suurlemoenskil en kruie by en kook vir ongeveer 10 min. Geur met sout en peper na smaak.
Skep die sous oor die skenkels en sit die deksel op. Bak in die oond so 2 – 3 ure tot sag.
Roer so nou en dan versigtig om nie die skenkels om te keer nie.
Meng die res van die knoffel, suurlemoenskil en pietersielie en garneer die Osso Buco daarmee.
Bedien met risotto.
Njammm!!
Foto en resep: Stef Conradie