OSSO BUCCO – BEESVLEISBREDIE
Regtig ‘n heerlike bredie vir die kouer dae, maar kan net so lekker wees enige tyd van die jaar.
Hierdie gereg is heerlik met vars slaai en kapokaartappels
- 6 groot bees ‘shins’
- olie vir braai
- sout en peper
- koekmeel (om die vleis te bedek)
- 4 repies spek – fyn gekap
- 2 uie
- 2 wortels
- 4 seldery stukke
- 6 knoffel huisies
- 2 groen rissies
- 1 eetlepel fyn fennelsade
- 1 eetlepel fyn roosmaryn
- 1/2 koppie wit wyn
- 1 blik tamaties
- 1 liter beesaftreksel
Braai die bees shins in olie totdat dit bruin is nadat dit in meel, sout en peper gerol is.
Plaas die vleis eenkant.
Braai die fyn gekapte spek, uie, wortels, seldery stukke, knoffel huisies, groen rissies, gekapte fennelsade en gekapte vars roosmaryn saam in ‘n pot.
Voeg die witwyn, tamaties en beesaftreksel by.
Bring tot by kookpunt.
Plaas die vleis en die vloeistofmengsel saam in ‘n oondvaste bak.
Bak twee ure in die oond teen 180 ºC.
Resep en foto: Ivanda Venter