Your Recipe Blog

OREO KAASKOEK

OREO KAASKOEK

Lekker Oreo kaaskoek gebak.

  • Kors:
  • 12 Oreo koekies
  • 2 eetlepels gesmelte botter
  • Vulsel:
  • 340 g roomkaas
  • ½ koppie suurroom
  • ¼ koppie suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 groot eier
  • 6 Oreo koekies gekrummel

Kors:
Voorverhit oond 160 °C.
Spuit ‘n tertbak wat oondbestand is.
Plaas 12 Oreos in voedselverwerker  en maak fyn.
Voeg botter by en meng goed.
Druk onder in die pan vas om die kors te vorm.
Bak teen 160°C vir 5 min, haal uit die oond en laat afkoel.
Los oond aan.

Vulsel:
Klop roomkaas tot glad, voeg suurroom, suiker en vanilla by.
Klits tot glad, voeg eier by en meng op lae spoed tot net goed gemeng.
Vou fyngedrukte Oreos in die mengsel in  en skep in die voorbereide kors.
Bak in die oond vir 15 min tot bokant gestol is.
Haal uit, sit neer om af te koel.

Resep en foto:  Elmarie Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page