OORSKIET SPAGHETTIKOEKIES
- 2 koppies fyngesnyde gaar spaghetti
- 2 eiers
- 1 teelepel fyn knoffel
- 2 eetlepels fyngesnyde uie
- ¾ koppie gerasperde cheddarkaas
- 1 eetlepel room
- knypie gerookte paprika
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Meng alles goed deur en skep lepels vol in ‘n gesmeerde pannetjie.
Bak ongeveer vir 20 minute of totdat dit mooi goudkleuirig is.
Resep en foto: Hannie Steyn
Category:












