Your Recipe Blog

OORSKIET KAPOKAARTAPPELKOEKIES

OORSKIET KAPOKAARTAPPELKOEKIES

Ek weet ek het al ‘n aartappel koekie opgesit, maar die een vir my is so geurig en lekker.

  • 3 koppies klaar verwerkte kapokaartappels (melk, room en botter klaar in)
  • ¾ koppie Maizena
  • 1 koppie gerasperde cheddar en mozzarella kaas (gemeng om 1 koppie vol te maak)
  • 1 eier
  • peper en Aromat
  • ½ gekapte rooi ui
  • fyn gesnyde grasuie

Meng al die bestanddele saam tot die beslag styf is.
Skep balletjies met ‘n roomys skepper of lepels vol en bak in vlak olie tot bruin en tot jy die koekie kan oplig sonder dat dit breek.
Dreineer op kombuis papier.

Resep en foto:  Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page