Your Recipe Blog

OORSKIET KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min. | Servings: 18 porsies

OORSKIET KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES

Ek het vandag vir ons met oorskiet kapokaartappels kolwyntjies gebak.

  • 3 koppies gaar kapokaartappels
  • 1 koppie bruismeel
  • 250 g spek
  • 4 wieletjies Fetakaas, fyn gemaak
  • 4 eiers
  • 4 grasuie, gekap
  • 5 ml knoffel
  • 5 ml mosterd
  • 2 ml paprika
  • peper na smaak

Braai spek tot bros en sny in stukkies.
Meng al die bestanddele saam. Hierdie is ‘n stywe beslag.
Skep ‘n opgehoopte eetlepel van die beslag in kolwynpannetjie.
Bak vir 30 min in vooraf verhitte oond teen 180°C.

Nota:
Ek het 18 kolwyntjies uitgekry.
Heerlik saam met braaivleis.

Wenk:
Ek het nie nog sout bygevoeg omdat die kapokaartappels reeds sout in het en die spek en Fetakaas ook wat bygevoeg is.

Resep en foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page