Your Recipe Blog

OORSKIET KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min. | Servings: 18 porsies

OORSKIET KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES

Resep en foto: Elna Erasmus
Ek het vandag vir ons met oorskiet kapokaartappels kolwyntjies gebak.

  • 3 koppies gaar kapokaartappels
  • 1 koppie bruismeel
  • 250 g spek
  • 4 wieletjies Fetakaas, fyn gemaak
  • 4 eiers
  • 4 grasuie, gekap
  • 5 ml knoffel
  • 5 ml mosterd
  • 2 ml paprika
  • peper na smaak
  • Braai spek tot bros en sny in stukkies.
  • Meng al die bestanddele saam. Hierdie is ‘n stywe beslag.
  • Skep ‘n opgehoopte eetlepel van die beslag in kolwynpannetjie.
  • Bak vir 30 min in vooraf verhitte oond teen 180°C.
  • Nota:
    Ek het 18 kolwyntjies uitgekry.
    Heerlik saam met braaivleis.
  • Wenk:
    Ek het nie nog sout bygevoeg omdat die kapokaartappels reeds sout in het en die spek en Fetakaas ook wat bygevoeg is.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page