Your Recipe Blog

OORSKIET HOENDERPASTA

OORSKIET HOENDERPASTA

Ons het gisteraand gebraai en nie geweet wat om met die oorskiet hoender te maak nie. Toe kom die skepping.

  • 3 – 4 koppies pasta van keuse. (Ons het penne gebruik)
  • 2 wiele Feta
  • 1 rooi soetrissie
  • 1 medium rooi ui
  • 250 g sampioene
  • oorskiet gaar hoender (nie regtig gemeet) skat so twee koppies
  • 125 ml witwyn (kan aanpas deur die kook proses)
  • 250 ml room

Braai opgesnyde rooi soetrissie en ui in olyf olie tot gaar, voeg wit wyn by en laat prut tot amper weggekook.
Voeg opgesnyde sampioene by en braai tot sag en gaar.
Voeg die room by en kook tot verdik.
Jy kan hier nog wyn byvoeg indien verkies.
Voeg die gesnyde oorskiet hoender in en laat deurkook met die room en ander bestandele.
Sodra alles deurgekook is voeg die gaar pasta en gekrummelde feta in en roer alles deur.
Sout en peper na smaak.
Nota.
Indien jy die pasta nie vooraf wil kook, kan jy “stock” ingooi en saam met die res laat kook tot al dente.

Resep en foto: Michelle Bekker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5