Your Recipe Blog

OORSKIET GROENSLAAI QUICHE

Recipe by
Cook: 30 - 45 minute

OORSKIET GROENSLAAI QUICHE

“Hierdie is nie baie presiese resep nie…meer eintlik ‘n ideë, veral in dié tyd waar mens nogals gereeld oorskiet slaai het…oorskiet groenslaai of mengsel slaai quiche…want as daar ander slaaie op die tafel is, kom die arme groenslaai amper altyd laaste! Ek het die resep iewers op ‘n ander groep gesien, en toe ek uitendelik oorskiet slaai gehad het, besluit om dit te maak. Ek het sommer bietjie oorskiet boerewors ook deurgemeng om al die oorskiet in een hou op te gebruik. Baie, baie lekker.”

  • oorskiet slaai (3 – 4 koppies, gedreineer van enige ekstra slaaisous of water)
  • 250 ml kaas, gerasper
  • 1 wiel Fetakaas, gekrummel
  • 6 eiers
  • 125 ml room
  • sout en peper, na smaak
  • gaar wors/ham/spek, opsioneel

Meng al die bestanddele saam en skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak (22 x 16 x 5 cm).
Bak dit vir 30 – 45 minute by 200 °C, of totdat die eiers heeltemal gestol het.
Laat die gebak effens afkoel, sny in blokke en bedien saam met enige vleis van jou keuse.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page