Your Recipe Blog

OORSKIET GEPLUISDE VARKVLEIS RAGU

OORSKIET GEPLUISDE VARKVLEIS RAGU

  • 350 g gaar varkvleis, gepluis
  • 1 wortel, fyngekap (julienne)
  • 1 selderystok, fyn gesny
  • 120 ml rooi ui, opgesny
  • 125 ml rooiwyn
  • 410 g passata
  • 5 ml knoffel gepars
  • 1 rooi rissie, opgesny
  • 125 g ertjies (of enige ‘stir fry’ groente)
  • 15 ml tamatiepasta
  • 250 ml water
  • 400 g pasta van keuse
  • 5 ml growwe sout
  • gekapte pietersielie

Bring ‘n groot pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta tot al dente.
Verhit olyfolie in ‘n groot pan en voeg die wortel, seldery en uie by en roerbraai tot sag en deurskynend, ongeveer 10 tot 15 minute. Voeg die knoffel na 5 minute by.
Voeg dan die rooiwyn by en kook tot met die helfte verminder of tot die reuk van wyn verdwyn het.
Voeg die tamatiepasta, passata (gepureerde tamaties) en 1 koppie water by en roer.
Laat prut die sous nog 10 tot 15 minute op matige hitte.
Sodra die sous verminder het, voeg die gepluisde varkvleis by die sous saam met die ertjies.
Laat dit nog 5 minute op die hitte staan totdat dit verhit is.
Voeg dan die pietersielie en gaar pasta by en roer deur.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page