Your Recipe Blog

OORSKIET GEBRAAIDE BOUD-TJOPS MET SPAGHETTI

| Servings: 2 porsies

OORSKIET GEBRAAIDE BOUD-TJOPS MET SPAGHETTI

Ek dink my vroulief kan gekroon word as “queen of krapjale”.
Sy het vanaand met die gebraaide oorskiet boud-tjops vir ons hierdie djeeerlike bord kos voorgesit en dit was uitstaande.

  • 1 ui, gesnipper
  • olie vir braai
  • 500 g gaar boud-tjops, in blokkies gesny
  • rissievlokkies
  • knoffelvlokkies
  • gedroogte Italiaanse kruie
  • sout na smaak
  • 1 eetlepel soppoeier van keuse
  • 200 g spaghetti
  • 1 eetlepel truffelolie
  • ½ koppie room
  • ½ koppie gerasperde kaas
  • roketblaartjies vir garnering

Braai die uie in ‘n warm pan op die stoof in bietjie olie tot verbruin, voeg die vleis, geurmiddels en soppoeier by en braai stadig tot die geure ontwikkel.
Kook intussen die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer die gaar spaghetti, voeg die truffelolie by en roer deur.
Voeg die room by die vleismengsel, gevolg deur die spaghetti en roer deur.
Skep die gereg op ‘n bord, strooi gerasperde kaas oor en garneer met roketblaartjies.
Ons het dit geniet saam met gesnyde avokado en ‘n lekker soet ryp papaja uit ons tuin.

Resep en foto: Gideon en Rinie Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page