Your Recipe Blog

OORSKIET GAARVLEIS VLEISPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

OORSKIET GAARVLEIS VLEISPASTEI

Vannaand was dit pastei en ons het oorskiet steak gebruik.

  • 1 rol skilferkorsdeeg in twee gedeel (lees die nota)
  • 500 g tot 600 g medium “rare” gebraaide steak, in stukkies gesny
  • 2 medium groot uie, in stukkies gesny en gesmoor saam met ‘n eetlepel olyfolie
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 2 eetlepels Worcestersous
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 eetlepel soet rissievlokkies
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • ½ pakkie bruin uiesoppoeier
  • ½ pakkie sampioensoppoeier
  • 1 geklitste eier

Smoor die uie saam in ‘n eetlepel olyfolie.
Meng die twee soppoeiers met 1 ½ koppies water en voeg by die uiemengsel.
Meng die vleis en uie saam met al die ander bestanddele.
Rol die een helfte van die deeg uit en plaas in ‘n gespuite oondbak.
Skep die koue vleismengsel in die bak bo-op die deeg.
Smeer die kante van die deeg mooi met geklitste eier.
Plaas die ander stuk uitgerolde deeg bo-op en druk die kante effens vas met ‘n vurk.
Smeer die res van die eier oor die boonste deeg, druk ‘n gaaitjie of twee in die boonste deeg.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir een uur tot mooi bruinerig.

Nota:
As ek dit weer doen gaan ek twee velle deeg gebruik en dit nie uitrol nie, dan het ek ‘n lekker dikkerige kors.
Ons het dit geniet saam met ‘n skeppie ertjies en ‘n skeppie gekookte soetpatat.

Foto en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page