Your Recipe Blog

OORSKIET BIEFSTUKPASTEI

Cook: 45 minute

OORSKIET BIEFSTUKPASTEI

  • 2 rolle skilferkors deeg
  • 2 uie geskil, gekerf en vooraf gesmoor
  • 300 g gebraaide oorskiet biefstuk
  • 2 skaapniertjies, vooraf gaargemaak
  • 1 koppie room
  • ½ koppie tamatiesous
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 teelepels knoffelvlokkies
  • sout en peper na smaak (1 eetlepel sout en 1 teelepel peper)
  • 3 lourierblare
  • 3 steranys sade
  • Ekstra:
  • geklitste eier, vir bo-op verf

Meng alle bestanddele saam.
Rol die 1 rol deeg effens uit en plaas in onder ‘n groot genoeg oondvaste bak. (omtrent 2.5 tot 3 liter)
Skep die vulsel in die uitgevoerde bak en plaas die ander deegrol bo-op, smeer die deeg se rante eers vooraf met geklitste eier en druk vas met ‘n vurk.
Maak rosies en blaartjies van die oorskiet deeg en plaas bo-op.
Smeer oral bo-op met geklitste eier en steek drie of vier gaatjies in die boonste deegrol vir stoom afblaas.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 45 min of tot mooi goudbruin en gaar.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page