OORSKIET AARTAPPEL GEBAK KOEKIES
Ons het ‘left over potato bake’ gehad toe maak ek ‘n aanpassing by ‘n resep wat ek voorheen ook al gemaak het.
- 2 – 3 koppies oorskiet aartappelgebak
- 1.5 koppies koekmeel
- 1 eier
- 1 eetlepel bakpoeier
- olie vir braai
Maak die aartappelgebak (kaas en al) fyn.
Meng die eier daarby in.
Voeg die meel en bakpoeier by en meng goed.
Voeg baie min olie in ‘n pan om warm te word.
Vorm balletjies met die mengsel en druk plat, sit in warm olie om te braai tot mooi bruin aan albei kante.
Resep en foto: Michelle Ludick