OORNAG ROSYNTJIEBROOD
- 250 g (400 ml) ontpitte rosyntjies, fyn gesny
- 475 g (900 ml) koekmeel
- 2 ml sout
- 1 ml elk fyn naeltjies, kaneel en gemengde speserye / gemmer
- 250 g (300 ml) suiker
- 125 g botter / margarien
- 10 ml koeksoda
- 30 ml appelkooskonfyt / fyn marmelade
- 500 ml Amasie, karring- of suurmelk
Sif die meel, speserye en suiker saam, voeg die rosyne by en roer sodat die rosyne met die meel bedek word.
Smelt die botter in ‘n kastrol op die stoofplaat, verwyder die kastrol van die stoofplaat en voeg die koeksoda en konfyt by, roer tot dit glad is.
Voeg die meel en karringmelk in 3 dele by die bottermengsel in die kastrol en roer tot goed deur gemeng.
Plaas die deksel op die kastrol en laat die deeg oornag staan.
Volgende oggend – verhit die oond tot 180ºC, smeer 2 middelslag panne van 26 x 11 x 7 cm (ek plaas bakpapier op die bodem en kante aangesien dit ‘n soet en taai deeg is).
Skep die deeg in die panne en maak gelyk.
Bak die broodjies vir 1 uur op die middelste oondrak in die voorverhitte oond.
Keer die brood uit op ‘n afkoelrak en laat heeltemal koud word.
Nota:
Hierdie is meer soos ‘n teebroodjie en heerlik met botter en kaas vir die teetafel, kosblik of padkos.
Die broodjies rys nie hoog en het ‘n klam vaste tekstuur, dit vries ook baie goed.
Resep getoets en foto: Lorett Brittnell