OORNAG MARMELADE
- 7 lemoene, in blokkies gesny
- 2 suurlemoene, in blokkies gesny
- 1 koppie suiker vir elke koppie vrugte
Plaas vrugte in prutpot (slow cooker) en bedek met water.
Kook oornag vir ongeveer 5 ure op hoog.
Skakel volgende oggend af en laat koud word.
Maak die aand die vrugte fyn met ‘n staafmenger (“stick blender”) en skep dit in ‘n dikboom pot. Meet dit af koppie vir koppie.
Voeg vir elke koppie vrugtepulp, een koppie suiker by.
Kook vinnig vir ongeveer 20 tot 30 minute. Roer kort-kort.
Toets vir stolpunt op ‘n koue piering.
Skep in gesteriliseërde bottels en plaas onderstebo tot die volgende dag.
Nota:
Die pulp kan ook gevries word en later gekook word deur dit net so in die pot te sit, die suiker oor te strooi en dit te laat staan tot dit gesmelt het en die suiker opgelos het. Kook dan soos bo. Moenie vinnig kook voordat die suiker nie opgelos is nie, dit voorkom sandsuiker.
Deel uit aan jou vriende en familie sodat almal dit kan geniet.
Resep en foto: Marie Nelson Malan