Your Recipe Blog

OOP VYETERTJIES

Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 12

OOP VYETERTJIES

  • 9 vye, moenie afskil nie
  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • bruinsuiker, vir strooi oor vye
  • 1 geklitste eier, vir smeer om te bak

Voorverhit oond op 180°C.

Sny die rol skilferkorsdeeg in 12 blokkies.
Was die vye – moenie afskil nie.
Sny vye in kwarte en plaas 3 stukkies op elke blokkie deeg.
Strooi nou ‘n klein bietjie bruinsuiker oor die vye.
Smeer die rand van elke vierkant met geklitste eier.
Bak in die oond vir omtrent 20 minute.

Resep en foto: Marie Grobler

Ekstra idees:
Adrian Fleming

Lyk baie lekker. Sal net bietjie bloukaas byvoeg.
Charmain Viljoen
En ‘n sprinkel gekapte neute
Ria Smith
Bloukaas en miskien bietjie heuning oor drup.
Elsabie Templeton
Bloukaas so blertsie balsamiese glanssous oor die bloukaas! 👌🏻
M Dorothy Sinclair
Wat van BRIE of CAMEMBERT, behoort ook lekker te wees vir die wat nie van bloukaas hou nie (soos ek)
Elize Bierbaum
Net so lekker met appels op, smeer appelkooskonfyt wat gesmelt is, bo-oor as dit uit oond kom.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page