Your Recipe Blog

OONGEROOSTERDE GEELSTERT STEAKS

Recipe by
Cook: 10 minute + 10 minute | Servings: 4 porsies

OONGEROOSTERDE GEELSTERT STEAKS

  • 4 Geelstert steaks
  • olie vir smeer
  • 200 ml koekmeel
  • 30 ml vis speserye
  • 5 ml gerookte paprika
  • 5 ml sout en fyn peper
  • 5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
  • 10 ml gedroogde uievlokkies
  • gekapte pietersielie

Meng die meel met die vis speserye, paprika, suurlemoen skil, sout en peper.
Plaas die vis porsies met die gegeurde meel in ‘n plastiek sakkie en skud goed totdat die vis heeltemal bedek is met die gegeurde meel.
Plaas bakpapier op ‘n bakplaat en smeer die bakpapier met olie.
Verhit die oond op bak en rooster tot 180°C.
Verwyder die vis porsies uit die sakkie, skud die oortollige meel af en pak die meelbedekte vis op die bakpapier.
Bak en rooster die vis steaks aan die een kant vir 10 minute, draai die vis om en rooster vir nog 10 minute.
Bedien saam met kapokaartappels met gedroogde uievlokkies en sprinkel die gekapte pietersielie bo oor.

Nota:
Alternatiewelik kan die vis in ‘n pan gebraai word.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5