OONGEBRAAIDE BOTTERSKORSIESKYWE
Ons Sondag ete… heerlike hoender en mushroom pastei, ongeroosterde aartappels, oongebraaide soet butternut en sommer blikkie ertjies.
- Botterskorsie geskil, ontpit en in 2 cm skywe gesny
- Stroop:
- 50 ml esdoornstroop (maple syrup)
- 30 ml bruin suiker
- 5 ml fyn gemmer
- 3 ml fyn kaneel
- 3 ml sout
- 20 ml olie / botter of 10 ml olie en 10 ml botter gemeng
Meng al die bestanddele vir die stroop en maak warm, dat alles lekker loperig is.
Plaas die botterskorsieskywe in die stroopmengsel en bedek dit goed met die stroopmengsel.
Smeer ‘n oondbak, liggies met olie en sit die botterskorsieskywe in die bak.
Skep oorblywende stroopmengsel oor die skywe.
Maak toe met foelie en bak so 25 minute.
Haal uit oond en draai die skywe om, plaas oop terug in oond en bak vir nog 20 mintute tot lekker blink.
Haal uit oond, dien op saam met van die sous.
Heerlik.
Resep en foto: Heleen Brummer Nel
Category: