Your Recipe Blog

OONDPAN VANILLAKOEK

Recipe by
Cook: 30 minute

OONDPAN VANILLAKOEK

Ek het myne sommer sirkels uitgedruk en versier met caramel treat.
  • 375 ml suiker
  • 4 ekstra groot eiers
  • 250 ml melk
  • 75 ml sonneblom olie
  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit oond tot 180°C.
Bespuit ‘n oondpan (33 x 27 cm) met kleefwerende kossproei en lê uit met silikoon papier.
Klits die eiers en suiker goed saam tot lig en romerig.
Kook die olie en melk saam.
Giet die kokende mengsel in ‘n straaltjie by die eiermengsel en klits dit terselfdertyd.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Vou dit by die eier mengsel in.
Voeg die geursel by en meng liggies.
Giet die beslag in die pan en bak 30 min lank tot gaar, en toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel en keer uit. Versier verkies.

Resep en foto:  Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page