OONDPAN ROLLETJIES
Resep: Debbie Willemse
Foto: Ruhana du Plessis
Hier is my pan “bun” resep. Dis baie lekker sagte rolletjies.
- 2 ¾ koppies koekmeel
- 1 eetlepel sout
- 1 pakkie kitsgis
- 2 eetlepel suiker
- ¾ koppie lou warm melk
- ½ koppie lou warm water
- 3 eetlepels margarien
- 1 eier
- Meng die gis, suiker, melk en water in ‘n mengbak en laat staan eenkant vir 5 minute.
- Voeg die margarien en eier by die gismengsel en roer deur.
- Voeg die sout en meel by die mengsel in die mengbak en knie deur, jy hoef nie lank te knie nie.
- Plaas die deeg eenkant en laat dit vir ‘n uur rys.
- Na die uur kan jy die deeg vorm na eie keuse en in ‘n gesmeerde oondpan pak.
- Laat staan die oondpan met die deeg tot dit die pan vol gerys het.
- Bak die rolletjies in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer 20 minute of tot deurgaar en goudbruin.
- Nota: Debbie Willemse
- Jy kan die deeg in ‘n pan op die stoof bak, die hitte moet net laag wees en draai die rolletjies gereeld om, sodat dit eweredig kan bak.
- Nota: Ruhana de Plessis – Ek het die rolletjies met ‘n geklitsde eier geverf, voor ek dit gebak het.
Category:

