OONDGEROOSTERDE LAMSRIB OP WORTELS
- 4 groot dik wortels
- lamsrib, opgesny of heel
- 100 ml water
- 30 ml bruin asyn
- sout en gemaalde peper
- gemaalde koljander
- vars tiemie blaartjies
- suurlemoensap
Voorverhit die oond op bak en rooster tot 180°C.
Sny die wortels in die helfde en dan weer in die helfde in die lengte.
Pak die wortels op die bodem van die oondbak en geur met sout en peper.
Smeer die ribbetjie met die bruin asyn en laat staan vir 20 minute.
Geur met speserye en tiemie en pak bo-op die wortelbedding.
Giet die water versigtig by langs die kant en plaas in die oond vir 1 uur.
Bedruip met suurlemoensap en plaas terug vir nog ‘n uur.
Verwyder die rib en wortels uit die water en vleissappe, en verplaas na ‘n skoon oondbak. (die vleissappe gee die wortels ‘n besonderse smaak)
Bedruip liggies met suurlemoensap en garneer met ekstra tiemie takkies.
Hou warm tot opdiening.
Resep en foto: Johan Rossouw