OONDGEBAKTE VARKSKENKEL- EN GROENBOONTJIEGEREG
- 700 g varkskenkels opgesny
- 125 g groen, rooi en geel soetrissies opgesny
- 6 wonderpeperkorrels
- 3 naeltjies
- 1 lourierblaar
- 60 ml uievlokkies
- 10 ml gedroogde roosmaryn
- 10 ml geparsde knoffel
- 5 ml rissievlokkies
- 5 ml mosterdkorrels
- 5 ml komynsaadjies
- 250 ml wit wyn
- 250 g groenboontjies opgesny
- 10 baba aartappels geskil
- 2.5 ml neutmuskaat
- sout en gemaalde peper
- 30 ml suurlemoensap (sap van 1 suurlemoen)
Plaas die gekapte soetrissies, wonderpeper, naeltjies en lourierblaar in ‘n oondvaste pot.
Geur die skenkels met sout en peper en pak bo-op die soetrissie en kruie.
Strooi die uievlokkies, roosmaryn, knoffel, rissievlokkies, mosterdkorrels en komyn saadjies oor die vleis.
Voeg die wyn by en bedek die pot met ‘n deksel of foelie en plaas in ‘n voorverhitte oond teen 160°C vir 1½ uur.
Hou die vog dop en voeg water by indien nodig.
Voeg na 1½ uur die groenboontjies en aartappeltjies by, sprinkel die neutmuskaat oor, plaas die deksel terug op die pot en bak vir nog 1 uur.
Proe om seker te maak of nog sout en peper nodig is, voeg die suurlemoensap by en plaas terug in die oond vir nog 30 minute.
Bedien op basilie pesto pasta.
Nota:
Kook die pasta skulpe (±480 ml) in kookwater tot al dente. Dreineer die pasta, voeg 10 ml olyfolie en 2 opgehoopte eetlepels pesto by die pasta en meng deur.
Resep en foto: Johan Rossouw