Your Recipe Blog

OONDGEBAKTE SKORSIES EN VLEISGEREG 

Recipe by
Cook: 1 uur

OONDGEBAKTE SKORSIES EN VLEISGEREG

“Ek kook gewoonlik skorsies in water, maar was baie moeg vanaand en het besluit om hulle onderstebo saam met skaaptjops in die oond te bak (enige vleis sal waarskynlik werk!) en dan net later die pitte uit te skep. En dit was heerlik… al die vleisgeur en bietjie vet trek in die skorsies in en maak dit sooo lekker.”

  • 3 – 4 skaaptjops (ek het skouer gebruik)
  • Worcestershiresous, na smaak
  • braaivleis speserye, na smaak
  • sout en witpeper, na smaak
  • 1 – 2 skorsies, gehalveer

Plaas die tjops op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Besprinkel die vleis met worcestershiresous, braaivleis speserye, sout en peper.
Plaas die skorsies met die gesnyde kant na onder, tussen die tjops (besprinkel net die gesnyde kant met sout).
Bedek alles met foelie of ‘n deksel en bak vir een uur by 200 °C.
Skraap die pitte uit die skorsies, besprinkel die skorsies met ‘n bietjie witpeper en val weg!!

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page