OONDGEBAKTE RIBOOG BIEFSTUK
‘n Prima riboog met fyn aartappels en oondgeroosterde groente. Ek het die stuk vleis oor twee dae in die yskas ontdooi en natuurlik gaan dit teen kamer temperatuur in die oond. Dit was oorgenoeg gewees vir 10 mense plus ekstra om dun te sny vir koue vleis vir môre.
- 2,5 kg ontbeende riboog
- swart peper
- mosterd
- olyf olie
Smeer die riboog met swart pepper, mosterd en olyf olie.
Plaas in gasoond en rooster op 250°C vir eerste 30 minute en dan daarna afgestel na 180°C vir 1 en half ure.
Toets dat die binne temperatuur nie hoër as 60°C gaan nie.
Laat rus vir halfuur toegemaak met foelie sodat dit nie heeltemal afkoel nie, eers daarna het ek dit gesny.
Resep en foto: Elsabie Templeton















