Your Recipe Blog

OONDGEBAKTE KOOLSKYWE MET MAALVLEIS

OONDGEBAKTE KOOLSKYWE MET MAALVLEIS

  • 4 dik gesnyde koolskywe van ‘n medium kool
  • olyfolie vir oorsprinkel
  • 2 koppies sterk kaas, bv Cheddar
  • 500 g maalvleis
  • 3 medium wit uie, gesny in dun ringe
  • 3 eetlepels appelasyn
  • olyf olie (kookolie ook reg), vir gaarmaak
  • 1 koppie tamatie-uie-soetrissie relish
  • knoffelvlokkies
  • Aromat en speserye na smaak

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n plat bakplaat met Cook and Spray.
Plaas die dik koolskywe op die bakplaat en besprinkel met bietjie olyfolie en kaas. Bak stadig tot gaar maar ferm.
Terwyl die kool bak, maak die maalvleis en die res van die bestanddele behalwe die oorblywende kaas, gaar op die stoof deur eers die uie bietjie te braai en dan die res van die bestanddele by te voeg.

Nota:
Dik kaassous in stede van tamatie relish sal ook goed werk.

Skep die maalvleismengsel oor die koolskywe en sprinkel die oorblywende kaas oor (gebruik meer indien verkies).
Sit terug in die oond en bak tot goudbruin. Gebruik ‘n groot eierspaan of 2 om dit van die bakplaat te lig.
Geniet net so of saam met kapokaartappels.

Nota:
Die maalvleismengsel moet nie te veel sous bevat nie, dan is daar te veel vog. Die kaas en maalvleis maak genoeg vog en stoom die kool verder gaar.
Ek het wel die kool idee op die Internet gesien waar hul dit gebak het met hoenderrepies bo-op, soortgelyk aan pizza met kool as kors.

Resep en foto: Christelle Van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page