OONDGEBAKTE BEESTONG MET MOSTERDSOUS
- 1 beestong
- 1 seldery stingel, gekap
- 1 wortel, opgesny
- 4 wonderpeperkorrels
- 2 heel naeltjies
- 1 lourierblaar
- 10 ml growwe sout
- Sous:
- 60 g botter
- 60 ml koekmeel
- 15 ml mosterdpoeier
- 125 ml warm melk
- 5 ml sout
- 2.5 ml rooipeper
- 2.5 ml gemaalde peper
- 15 ml mosterdsaadjies
- 125 ml room
- 10 ml esdoringstroop
- 10 – 15 ml uievlokkies
- gekapte pietersielie
Plaas die tong, seldery, wortel, wonderpeper, naeltjies en lourierblaar in ‘n diep kastrol. Vul die kastrol met genoeg water todat die tong bedek is.
Bring die tong met bestanddele en die water tot kookpunt en voeg die growwe sout by.
Verlaag die hitte en laat dit prut vir ten minste 2 ure of totdat die tong deurgaar, maar nog ferm is.
Laat die tong afkoel in die vloeistof.
Wanneer dit heeltemal afgekoel is, trek die vel van die tong af en sny dit in dunnerige skywe.
Pak die tongskywe in lae in ‘n oondbak en plaas eenkant.
Berei die sous voor:
Verhit die botter in ‘n pan totdat dit begin skuim.
Verlaag die hitte, voeg die meel en mosterdpoeier by, roer deur en verhit vir ‘n minuut lank. Voeg die melk by die meel- en bottermengsel en roer deur totdat ‘n gladde tekstuur vorm. Geur met die sout en peper en voeg die mosterdsaadjies en die room by en roer deur totdat die sous begin verdik.
Voeg die esdoringstroop by en roer totdat die stroop ingewerk is en die mengsel goed verdik het, maar steeds ‘n loperige tekstuur het.
Giet die sous oor die tong en strooi die uievlokkies oor die sous.
Plaas die tong met die sous in ‘n voorverhitte oond by 180°C en bak vir 30 – 45 minute of totdat die tong deursag is. Sprinkel nog uievlokkies en die pietersielie oor en bedien.
Resep en foto: Johan Rossouw