Your Recipe Blog

OOM DAVE SE NAARTJIEGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 90 minute

OOM DAVE SE NAARTJIEGEREG

Vroulief het vanaand die resep van oom Dave Pepler gedoen en sy is mal daaroor.

  • 4 groot naartjies
  • ½ koppie suurlemoensap
  • ½ koppie wit wyn
  • 2 kardemonsade of na smaak
  • 1 kaneelstokkie
  • 2 – 3 ster anys
  • 3 naeltjies
  • 1 eetlepel heuning
  • ¼ koppie lemoensap

Sny vier groot naartjies in skywe omtrent 10 mm dik en pak in ‘n oondvaste bak.
Verhit die res van die bestanddele saam in ‘n pot behalwe die heuning en lemoensap.
Voeg heuning en lemoensap by mengsels en kook deur.
Giet die sous oor die naartjieskywe.
Bak in voorverhitte oond van 180°C vir 1½ uur.

Nota:
Ons het dit sommer as ‘n bygereg geëet en vroulief sê dit was djeeeeeeerlik.
Dankie oom Dave.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page