Your Recipe Blog

ONWERKLIKE TERT – SULTANSGENOT

Recipe by
Cook: 45 - 55 minute | Servings: 12 porsies

ONWERKLIKE TERT / SULTANSGENOT

Dis waarlik onwerklik hoe die tert lyk as dit klaar gebak is. Die bestanddele word alles op een slag in ‘n bak gegooi, maar as dit gaar is het die tert ‘n behoorlike kors, met ‘n vlavulsel in die middel en ‘n klapperbolaag.

  • 4 eiers
  • 50 ml margarien
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 60 g (125 ml) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 3 ml bakpoeier
  • 500 ml melk
  • 80 g (250 ml) klapper
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits totdat al die bestanddele goed gemeng is.
Giet die beslag in ‘n gesmeerde, oondvaste 24 cm-tertbord.
Bak in die voorverhitte oond vir sowat 45 – 55 minute lank of totdat die bo-kors goudbruin en die vlavulsel gestol is.
Lewer sowat 12 skywe.

Resep en 3de foto: Petré van Jaarsveld
Foto’s:  Zita Harber
My ekstra raad: die mengsel skei vanself in drie perfekte lae (kors, middel en klapper-bolaag). So my raad is – moenie die oond vooraf verhit nie. Om dit van die begin af in die koue oond te sit en dan die oond te stel, gee die lae nog meer tyd om te skei.
Maar heerlik en maklik om te maak 🌹

One Review

  1. James

    Ek love die resep. En jou resep is lekker goedkoop. Beslis goedkoper as my resep.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page