Your Recipe Blog

ONTBYT KOLWYNTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-25 min

ONTBYT KOLWYNTJIES

Hierdie kolwyntjie is baie baie vullend en heerlik ook vir kosblikke. Dit is lekker klam en geurig. Bak maar twee baksels, want een hou nie lank nie.

  • Sif saam:
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml kaneel
  • 1 ml gemmer
  • 2 ml neutmuskaat
  • 2 ml sout
  • Meng die volgende in by bogenoemde:
  • 125 ml All Bran
  • 125 ml koringkiem
  • 125 ml hawermout
  • 125 ml mieliemeel
  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml gekapte dadels
  • Klits die volgende saam en meng met droë bestanddele:
  • 1 eier
  • 250 ml karringmelk
  • 60 ml gesmelte botter

Skep beslag in ‘n voorbereide 12 gaatjie muffinpan.
Bak vir 20 – 25 min teen 180º C of tot gaar toets.

Opsioneel:
Gebruik sesame saad ipv koringkiem.

Resep getoets deur en foto: Lettie van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page