ONTBEENDE VARKNEK MET ROOSMARYN EN SALIE
- 1.5 kg ontbeende varknek
- 2 eetlepels knoffelflokkies
- 2 eetlepels elk vars roosmaryn en salie, gekap
- 20 ml vars tiemie, gekap
- 2 suurlemoene se gerasperde skil
- ½ teelepel rissieflokkies
- 1 eetlepel sout
- peper na smaak
- 2 eetlepels olyfolie
- Aartappels:
- 4 groterige aartappels, geskil en in stukke gesny
- 1 eetlepel knoffelflokkies
- paar tiemie takkies
- bietjie olyfolie
- sout en peper
Maak snytjies in die vleis en druk die kruie, sout, rissieflokkies en suurlemoenskil in die gaatjies en smeer die res oor die vleis, sprinkel ook sout en peper na smaak oor die vleis.
Sprinkel die vleis met olyfolie.
Ons het dit met foelie toegemaak en op ‘n oondrak in ‘n pan geplaas waarin die aartappels ook gepak is.
Die aartappels is besprinkel met olyfolie en ook met sout, peper, knoffel en tiemietakkies.
Voeg ‘n bietjie water in die pan.
Plaas in die oond wat voorverhit is op 180ºC vir 2 tot 3 ure. Verwyder die foelie en rooster vir ‘n paar minute.
Resep en foto: Gideon Louw