ONTBEENDE HOENDER MET ASPERSIE PUREE EN KAPOKAARTAPPELS
- Ontbeende hoender met spek en bosbessies:
- ontbeende hoender
- geelsout – Aromat
- suurlemoenpeper
- spek
- gedroogte bosbessies
Bak vir ongeveer 90 minute in ‘n matige oond. Maak een punt van die foelie oop en verwyder die sous. Hou warm tot bedien word, sny in skywe vir bediening.
- Aspersie Puree:
- 1 pak vars aspersies
- sout en peper na smaak
Sny die punte van ‘n pak aspersies af. Verhit water met sout en plaas die aspersie punte in vir ongeveer 2 minute. Haal uit en sit dadelik in yswater. Sny aspersie punte kleiner en blits met ‘n voedselverwerker tot glad. ‘n Klein bietjie yswater kan bygevoeg word om die regte tekstuur te kry. Geur met sout en swart peper.
- Kapokaartappels:
- aartappels, hoeveelheid na gelang van porsies
- botter
- sout en peper
Sny aartappels in skywe en kook tot goed gaar in soutwater. Voeg by ‘n groot homp botter, sout en swart peper. Meng goed deur.
Nota:
Ek maak die ontbeende hoender gereeld, maar dis die eerste keer wat ek die bosbessies insit. Het al in die verlede gedoogte appelkose saam met die spek gebruik. Ek laat die hoender goed afkoel en vries dit dan. Wanneer ek dit wil gebruik, haal ek dit net uit die vrieskas, laat ‘n rukkie ontdooi en sny in skywe. Daar kom ongeveer 20 skywe uit ‘n hoender.