Your Recipe Blog

ONTBEENDE GEVLEKTE LAMBSBOUD IN DIE LUGBRAAIER

Recipe by
Cook: 20-30 minute

ONTBEENDE GEVLEKTE LAMBSBOUD IN DIE LUGBRAAIER

Resep en foto: Ilse Jacobs

  • 750 g ontbeende, gevlekte lamsboud
  • 20 ml olyfolie
  • 1 eetlepel Worcestershiresous
  • 2 teelepels droë kruisement
  • sout en peper na smaak
  • Bedruip die vleis met die olie en Worcestershiresous, vryf die speserye weerskante in.
  • Laat marineer solank jy kan.
  • Plaas in die lugbraaier vir 20-30 minute by 180ºC tot gaar na smaak.(20 minute teen 180ºC per 500 g vleis vir liggaar, sit 2 minute by vir medium, goed gaar ens).
  • Rus die vleis onder foelie vir 20 minute.
  • Sny en bedien.
  • Nota: Ek bedien dit saam met pampoen, kapokblomkool en roomspinasie.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page