ONTBEENDE GEVLEKTE LAMBSBOUD IN DIE LUGBRAAIER
- 750 g ontbeende, gevlekte lamsboud
- 20 ml olyfolie
- 1 eetlepel Worcestershiresous
- 2 teelepels droë kruisement
- sout en peper na smaak
Bedruip die vleis met die olie en Worcestershiresous, vryf die speserye weerskante in.
Laat marineer solank jy kan.
Plaas in die lugbraaier vir 20-30 minute by 180ºC tot gaar na smaak.
(20 minute teen 180ºC per 500 g vleis vir liggaar, sit 2 minute by vir medium, goed gaar ens).
Rus die vleis onder foelie vir 20 minute.
Sny en bedien.
Nota:
Ek bedien dit saam met pampoen, kapokblomkool en roomspinasie.
Resep en foto: Ilse Jacobs