Your Recipe Blog

ONGESOUTE GRONDBOONTJIEBOTTER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 minute | Servings: 4 botteltjies soos op die foto

ONGESOUTE GRONDBOONTJIEBOTTER

  • ‍2 kg rou grondbooontjies
  • ¼ – ½ koppie sonneblom olie
  • Opsioneel:
  • heuning en/of sout na smaak

Voor verhit die oond tot 200°C.
Strooi ‘n laag grondboontjies in ‘n groot oondpan.
Rooster vir ongeveer 10 minute in oond met die rakkie een plek hoër as in die middel.
Na 10 minute, verwyder die grondboontjies uit die oond en verwerk in voedselverwerker tot byna ‘n poeier voorkoms.
Plaas die poeier in ‘n “blender” met ongeveer ‘n ¼ – ½ koppie sonneblom olie en verwerk verder.
Oppas vir teveel olie anders is die eind resultaat loperig.
Keer uit in ‘n groterige bak.
Herhaal die proses tot al die grondboontjies klaar gerooster en verwerk is.
Wanneer alles klaar is, meng goed deur en voeg heuning en/of sout by en meng goed deur.
Skep in botteltjies en laat afkoel.
Draai toe, label met datum en bêre liefs in yskas.

Resep en foto’s: Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page