Your Recipe Blog

ONGELOOFLIKE PIZZA BASIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 9 - 11 minute | Servings: 4 pizza's

ONGELOOFLIKE PIZZA BASIS

Het vandag so bietjie pizza gemaak. Ek dink toe dat ek die pizza basis se resep met julle moet deel. Ek het al baie pizza gemaak maar die deeg wat ek op die internet raakgeloop het is ongelooflik lekker. Niks taai nie, heerlik dun en baie maklik om te maak. Die staan tyd is bietjie lank maar die moeite werd. Dis soos die pizza plekke se basis.

  • 3 ⅔ koppie koekmeel (910 ml)
  • 10 ml kitsgis
  • 10 ml sout
  • 1 ½ koppie water by kamertemperatuur

Voorverhit die oond tot 230ºC.
Sif droë bestanddele saam. Maak holte daarin en voeg water by. Meng net tot alles goed gemeng is.
Vorm deeg in ‘n bal, sit terug in die mengbak. Bedek met kleefplastiek.
Laat staan vir 2 tot 3 ure by kamertemperatuur. Deel die deeg in 4 ewe groot stukke. Rol elkeen uit.
Sit in gespuite pizza panne of waarin jy dit gaan bak.
Smeer met tamatiesous of tamatiebasis of wat jy ookal gaan gebruik. *Sien resep onder.
Gevolg deur jou bolaag, ek’t sommer net spek en kaas gebruik.
Bak by 230°C vir 9 – 11 minute op middelste oondrak.

Ek het die heerlikste pizza sous gebruik wat ek saam met die resep raakgeloop het:

  • Pizza sous:*
  • 150 g tamatiepasta (tomato paste)
  • 45 ml olyfolie
  • 10 ml knoffelpoeier
  • 5 ml oregano
  • 2.5 ml sout
  • 5 ml suiker
  • 80 ml water

Meng alles behalwe water goed saam. Voeg water by en smeer op die deeg voor jy die bolaag opsit.
Genoeg vir 4 pizzas.

Resep en foto: Elaine Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page