Your Recipe Blog

ONGEKOOKTE YSTERVARKIE STROOP

ONGEKOOKTE YSTERVARKIE STROOP

Ek gebruik geen ander resep om ystervarkies te maak nie.  Dit is die vinnigste stroop en hoef nie gekook te word nie.  Jy sal nie weer ‘n ander stroop maak nie.

  • 50 g botter
  • 130 g versiersuiker, gesif
  • 15 ml kakao, gesif
  • 75 ml kookwater
  • 5 ml vanilla geursel
  • Ekstra:
  • klapper

Los die kakao op in die kookwater.
Smelt die botter, voeg die res van bestanddele by en meng goed.
Doop die koekblokkies een-een in die stroopmengsel.
Rol blokkies in klapper en plaas op afkoelrak om droog te word.

Resep: Alta de Wet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page