Your Recipe Blog

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK

  • 115 g botter
  • 115 g suiker
  • 115 g glasuurkersies, gekap
  • 225 g sultanas
  • 225 g dadels, fyngekap
  • 225 g mengsel geroosterde amandels en pekanneute
  • 3 ml kakaopoeier
  • 1 eier
  • 1 pakkie Marie-koekies, in stukkies gebreek

Sit die botter en suiker in ‘n kastrol en laat kook. Haal van die plaat af.
Voeg die kersies, sultanas, dadels, neute en kakaopoeier by.
Voeg die eier en die gebreekte koekies by en meng deeglik.
Smeer ‘n broodpan en skep die mengsel daarin.
Druk dit stewig in die pan vas om seker te maak dat die bestanddele aanmekaar kleef.
Bêre oornag in die yskas, haal dit uit die pan en sny in skywe. Bêre in ‘n lugdigte houer.

WENK:
Spaar tyd en gebruik ‘n voedselverwerker om die koekies te breek.

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK 2

  • 3 pakkies Mariebeskuitjies
  • 1 bakkie kersies
  • 2 pakkies droëvrugte (250 g)
  • 500 g margarien
  • 16 eetlepels suiker
  • 4 geklitste eiers

Breek die Mariebeskuitjies in stukkies, nie fyn.
Snipper die kersies en al die droëvrugte.
Voeg alles by die beskuitjies.
Smelt die margarien saam met die suiker.
Roer die helfte van beskuitjies by.
Voeg die geklitste eiers by en roer terwyl die mengsel op die stoof is.
Haal af, voeg res van beskuitjiemengsel by en roer deur.
Druk in oondpan vas, laat heeltemal afkoel.
Sny blokkies.

Resep geplaas deur Piet Hazel de Jager
Foto:  Anne Marie Lauwrens Rabie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page