ONGEBAKTE SJOKOLADEKOEKIES
My man se gunsteling. Hulle verdwyn so ongemerk.
- 125 g margarien of botter
- 500 ml witsuiker
- 125 ml kakao
- 125 ml melk
- 750 ml hawermout
- 250 ml klapper
- 2,5 ml vanilla geursel
Plaas die margarien, suiker, kakao en melk in ‘n pot op die stoof en kook die bestanddele vir presies 5 minute saam. Haal van die plaat af.
Roer die hawermout, klapper en vanilla geursel by die gekookte bestanddele in die pot en meng goed deur.
Skep lepelsvol van die beslag op ‘n gesmeerde bakplaat of in klein “cupcake” papiertjies en laat staan eenkant totdat die koekies goed afgekoel het.
Foto: Elizé Le Roux-Diedericks