ONGEBAKTE DADELBALLETJIES
-
1 ½ pakkie Marie beskuitjies
-
500 g dadels
-
250 g botter
-
2 eiers
-
½ koppie suiker
-
1 koppie water
Kook dadels, suiker en water tot sag.
Smelt botter en voeg by.
Klits eiers goed en voeg by warm dadelmengsel terwyl mens heeltyd meng. Meng goed.
Kap Marie beskuitjies fyn en voeg by, meng deur.
Laat staan ‘n rukkie in die yskas om styf te word.
Rol opgehoopte teelepels vol in balletjies.
Rol die balletjies in klapper.
Pak in klein “cupcake” houertjies en verpak.
Resep en foto: Tosca De Villiers