Your Recipe Blog

ONFEILBARE SUURLEMOEN-YSKASKAASKOEK

ONFEILBARE SUURLEMOEN-YSKASKAASKOEK

‘n Staatmaker wat ook lekker in ‘n oondpan pas en dan in blokkies gesny kan word. Heerlik met enige bolaag.

  • Kors:
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies, gekrummel
  • 100 – 160 ml gesmelte botter
  • ‘n knippie kaneel
  • Vulsel:
  • 1 blik (397 g) volroom-kondensmelk
  • 150 ml suurlemoensap
  • 30 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 2 houers (200 g elk) geroomde maaskaas
  • 30 – 40 ml gelatien
  • 60 ml koue water
  • 100 ml kookwater
  • 500 ml dik room
  • 125 ml strooisuiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • suurlemoensmeer (lemon curd) of vrugtesous

Meng die bestanddele vir die kors goed saam.
Druk dit vas op die bodem van ‘n losboomkoekpan van 35 cm en verkoel tot benodig.
Meng die kondensmelk en suurlemoensap en roer die maaskaas by.
Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan vir 5 minute om te spons.
Giet die kookwater oor en roer om te smelt.
Roer by die maaskaasmengsel.
Klits die room, strooisuiker en vanieljegeursel saam tot styf en vou maaskaasmengsel in.
Giet in die voorbereide tertkors en verkoel vir 5 uur of oornag tot gestol.
Smeer ‘n lagie suurlemoensmeer of vrugtesous van jou keuse oor en sit voor.

Nota: Alberta van Wyk
Hier het ek ‘n bottel swart kersies gebruik en die sous van die kersies verdik met bietjie Maizena.

Foto: Alberta van Wyk

One Review

  1. Magda Botha

    Die resep lyk heerlik ek gaan beslis maak.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page