Your Recipe Blog

OLIVA POMODORIMI PASTA 

OLIVA POMODORIMI PASTA

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, opgesny
  • 10 ml gerookte paprika
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 50 ml witwyn
  • 1 cm vars gemmer, fyn opgesny
  • 2 knoffelhuisies, opgesny of gepars
  • 20 0lywe, ontpit en gehalveer
  • 5 ml rissievlokkies
  • 15 ml rooiwyn asyn
  • 250 g kersietamaties
  • 3 tiemietakkies
  • 5 ml bruinsuiker
  • gesnipperde grasuie en opgesnyde brandrissie
  • 250 g spaghetti al dente

Kook die spaghetti vir 8 minute in soutwater, dreineer en plaas in ‘n bak ys water.
Verhit die olie in ‘n pan.
Geur die uie met sout, peper en paprika en braai die uie tot glanserig op medium hitte.
Voeg die witwyn by saam met die gemmer, olywe, knoffel en rissievlokkies en roer deur totdat die alkohol verdamp het.
Voeg die rooiwyn asyn by, roer vir so ongeveer ‘n minuut  en voeg nou die kersietamaties en tiemie by.
Roer deur en strooi die bruin suiker oor en laat prut tot die tamaties begin oop bars.
Geur met nog gemaalde swartpeper.  Dreineer die pasta en voeg by.
Roer deur tot goed verhit en strooi gesnipperde grasuie en rissies oor.

Foto en resep:  Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page