Your Recipe Blog

OLIEKOEKIES

Recipe by
Cook: 8 - 10 min | Servings: 40 koekies

OLIEKOEKIES

Resep en foto: Ilze Jacobs
Ek deel ‘n resep wat ek op allrecipes.com gekry het, maar aangepas het na ons smaak. ‘n Maklike en vinnige koekieresep, en goedkoop ook.

  • 190 ml olie (ek gebruik Canola)
  • 190 ml suiker
  • 2 eiers
  • 10 ml vanilla geursel
  • 625 ml koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • ½ teelepel sout
  • 250 ml choc chips (ek sny ‘n halwe blok sjokolade in stukkies)
  • Meng die olie, suiker, eiers en vanilla saam.
  • Voeg die droë bestanddele en die sjokolade by en meng totdat alles net deurgemeng is.
  • Vorm in klein balletjies, omtrent so groot soos ‘n outydse nickerball.
  • Plaas op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier. Plaas so 15 balletjies op die bakplaat, want die koekies sprei uit as hulle gebak word.
  • Druk effens plat met ‘n vurk en bak vir 8 – 10 minute by 180° C tot goudbruin.
  • Laat afkoel en verpak in ‘n lugdigte houer.
  • Opsioneel: Voeg by 125 ml klapper/gekapte neute/rosyne.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page