Your Recipe Blog

OLIEKOEK VIR DIABETE

Recipe by
Cook: 35 mins | Servings: 8-10

OLIEKOEK VIR DIABETE

  • 2 koppies koekmeel – of 1 koppie meel en 1 koppie semels
  • 4 groot eiers
  • ½ koppie kookolie
  • 1¼ koppie melk
  • sout na smaak
  • 1½ koppies suiker – ek voeg 1 koppie Canderel by of net 1 koppie suiker
  • 2 eetlepels kokao
  • 2 eetlepels bakpoeier
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit oond tot 180°C.
Klits eiers en suiker baie goed tot liggeel.
Voeg meel, kakoa en sout geleidelik by eier mengsel. Klits goed deur.
Strooi bakpoeier oor mengsel.
Verwarm melk en kookolie tot melk wit deur die olie opkook.
Giet melk- en oliemengsel liggies oor die bakpoeier, laat liggies rys.
Voeg vanilla by en roer mengsel in een rigting tot mooi deurgewerk is.
Skep in gesmeerde panne (ek sit waspapier onder in panne).
Bak vir 35 minute of tot gaar, laat afkoel en versier.
Ons eet hom net so met lae GI vla.

Resep: Lisa Visser

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page