OLIE LAAGKOEK (witkoek)
- 1 ½ koppie koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 125 ml sonneblom olie
- 125 ml vars lemoensap (sif sap deur sif)
- 4 groot eiers, geskei
- 1 koppie suiker
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Klits eiergele en suiker tot romerig, gooi olie en lemoensap by, klits nog goed deur.
Klits eierwitte styf (hou eenkant) meng meelmengsel liggies in, klits baie stadig deur.
Vou nou jou styfgeklopte eierwitte in.
Gooi eweredig in twee panne en bak op 165ºC vir 20 minute.
- Versiersel:
- 1 blik kondensmelk
- 250 g Rama bake
- 75 ml vars uitgedrukte suurlemoen sap
Klits met elektriese menger, sit rukkie in yskas voor jy op die koek smeer.
Dis genoeg vir 2 koeke as jy nie aan kante ook smeer nie. Versier met gerasperde sjokolade.
(dis ‘n famielie resep, ek het dit ook aan watertand al geskenk – geniet dit)
Resep en foto: Elize Venter