Your Recipe Blog

OKONOMIYAKI

OKONOMIYAKI

Ek het hierdie Okonomiyaki’s gemaak (my weergawe) vir ‘n bygereg saam met ons varkpotjie met room gistraant. Dit was djeeeeeerlik saam met ons room varkpotjie. Groente plaatkoekie.

  • ¼ witkoolkop, gekerf
  • 1 ui, fyn gekerf
  • ½ koppie koekmeel
  • 2 eiers
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 1 koppie gekerfde seldery
  • 1 koppie gerasperde wortel
  • kookolie vir vlak braai

Bedek die kool met water in ‘n kastrol en bring tot kookpunt.
Kook vir 10 minute en dreineer sodat die meeste water uit is.
Braai die uie, seldery en wortel met ‘n bietjie botter tot effe bruinerig.
Voeg nou alle bestanddele in ‘n mengbak en meng goed.
Ek’t my rooi pannetjie gebruik met ‘n bietjie kookolie in.
Plaas skeppies van ‘n eetlepel grootte in die pan en druk effe plat.
Braai aan beide kante vir ‘n paar minute tot mooi goudbruin kleur.
Dreineer op handoekpapier.

Nota: 
Okonomiyaki is ‘n gewilde Japanese sout plaatkoekie wat gewoonlik op straatmarkte verkoop word.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page