Your Recipe Blog

NUTTIKRUST YSKASTERT

NUTTIKRUST YSKASTERT

Foto en resep:  Susan Fourie Maré
En ek het hom gewen. Het so ietsie van almal se wenke laasweek ingedagte gehou en weer vanoggend my yskastert aangepak. Definitief nie weer ‘n “slaptert” nie.

  • 1 boksie Nuttikrust beskuitjies
  • 230 g VOLroom roomkaas (Lancewood)
  • 1 blikkie karamel
  • 500 ml vars room
  • Pak ‘n laag beskuitjies onder in ‘n bak, maar jy kan ook beskuitjies krummel en meng met botter vir ‘n kors.
  • Klits room tot styf in menger.
  • Meng karamel in blikkie tot sagtemengsel met ‘n vurk, doen dieselfde met die roomkaas, (kamertemperatuur) sommer ook in die houertjie. Voeg nou die twee bymekaar in ‘n aparte houer en roer/meng goed deur met ‘n metaal lepel.
  • Vou laastens die room by die karamelmengsel tot egalig ingemeng.
  • Skep bo-op beskuitjies en krummel so drie beskuitjies bo-op vir versiering.
  • Plaas in die yskas om te stol.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page