NOUGAT MET NEUTE EN KERSIES
- 160 g neute, fyn gekap
- fyngesnyde kersies
- 1 eierwit
- 200 g suiker (hou klein bietjie om by te voeg by die eierwit)
- 120 g heuning (ek het multi flora van die plaas af gekry)
- 50 ml water
- ryspapier
- oondpan
Rooster neute in ‘n pan. Plaas heuning, suiker en water in potjie en roer tot suiker opgelos is.
Kook vir 5 minute. Klits eierwit en voeg klein bietjie suiker by.
Terwyl die eierwit nog geklits word, klits die warm stroop stadig by die eierwit in terwyl die mengsel heeltyd loop.
Klits mengsel vir 25 minute.
Roer die kersies en neute by.
Voer die oondpan uit met ryspapier.
Skep die mengsel in die pan, maak gelyk en plaas ryspapier bo-op die mengsel ook.
Laat staan tot die volgende dag en sny in blokkies. Dit hou lekker in ‘n lugdig houer.
Nota:
Hoe langer dit staan hoe fermer raak dit. Moet dit liefs nie in reënweer aanpak nie.
Fotos en resep: Chantall Basson van Deventer